SUID-KAAP NUUS - Dis alweer sulke tyd; dis eksamen-maand. Die meeste skoolkinders wat ek ken, hou nie van hierdie paar weke nie.
Dis halfjaar,en nou moet mens verantwoording doen vir wat jy van die begin van die jaar af tot nou toe geleer het. Baie leerders wonder of daar nie ’n ander manier is om mens se kennis van ’n leerarea te toets nie. Wat van ’n mondelingse eksaminering?
Ander sê weer mens kan take gegee word om te gaan navors en dan ’n voorlegging maak voor ’n paneel, of net inhandig vir punte. Maar nou ja, dit is ongelukkig nou nie so nie!
Teen hierdie tyd het jy al ’n eksamenrooster voor jou. Jy weet jou eksamen strek van hierdie datum tot daardie datum. Jy weet wanneer jy elke vak skryf. Jy moet begin voorberei.
Berei die mense by die huis eers voor. Hulle moet weet dat jy gaan skryf en dat jy hulle samewerking nodig het. Kry jou boeke en notas vir elke vak agtermekaar. Jy kan nie halfpad deur ’n studietyd na ’n boek of notas soek nie. Stel vir jou ’n studierooster op.
Onthou, hoe om voor te berei vir ’n ekamen verskil van persoon tot persoon. Kyk net elke keer hoe jy jou manier van voorberei kan verbeter sodat jou eksamen uitslae ook kan verbeter.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'