RIVERSDAL NUUS - Oakdale se uiters gewilde ma-en-seun-oggend is op Vrydag 2 September by Riversdal-skougronde aangebied met pastoor Francois Barnard en sy vrou, Mar-lené, as gassprekers.
Ongeveer 450 ma’s en seuns het die spesiale oggend bygewoon.
Klem is veral gelê op die besonderse verhouding tussen ma en seun en die kragtige uitwerking van 'n ma se gebed op haar seun se lewe.
Die alombekende oudskolier Tino het met sy pragtige stem die gaste vermaak. Insiggewende blyke vanuit 'n juffrou se oogpunt op Oakdale is deur juffroue Tess Jansen, Che-Lee Naudé en Celesti Kotzé gelewer.
Oakdale is gefokus op die bevordering van gesonde gesinsbande.
Francois (gr. 8) en Daniël le Roux (gr. 11) van Oudtshoorn het die oggend saam met hul ma Nolené, bygewoon.
Ilze-Marié de Wet van Caledon saam met haar seuns tydens die ma-en-seuns-oggend. Van links: Francois Labuschagne, Rossouw de Wet, D’Niel de Wet en Steyn de Wet.
Hoofseun, Kobus Janse van Rensburg, in gesellige luim saam met mev. Mariana de Jager, beter bekend as "Mam" de Jager onder die seuns.
Johan Higgs (gr. 10) en sy ma Maria saam met die alombekende sanger Tino.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'