ALBERTINIA NUUS - Na 21 jaar as Engelse onderwyser by die skool het me. Alet Marais afgetree.
Sy het haar opleiding by Kovsies ontvang en in 1976 voor haar eerste leerders, by die Hoërskool Dordrecht, gestaan.
Die graad 9's tot 12 ken haar as Ma'am en sy glimlag terwyl sy vertel oor die verskillende uitsprake daarvan oor die jare.
Volgens haar sal sy die personeel die meeste mis omdat hulle 'n hegte familie vir haar was.
Oor die toekoms is nog nie groot besluite geneem nie, maar sy gaan dag vir dag aan haar 'bucket list' werk en dinge doen waarvoor daar nie vroeër tyd was nie.
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'