Update
RIVERSDAL NUUS - Nee, dis nie kabaretdansers van weleer nie. Heidi Cronjé (instrukteur), Annaleen Burden, Caroline Nel, Riekie Coetzer, Ilse Venter en Venessa Slater is deel van die Rhythmic Thunder-lyndansgroep in Riversdal en hou daarvan om af en toe volgens 'n tema aan te trek.
Hulle het Maandagaand, 30 Mei, sommer die ysige koue laat smelt met hul danspassies in die ouditorium in Riversdal.
Heidi is die instrukteur en sy rig die gevorderde, maar ook die beginners af.
So elke drie maande neem hulle 'n demo-video met 'n tema, waar die dames dan kans kry om te tof en te tooi. Heidi het die liedjie, Katriena Malherbe wat op die sanger, Tino se CD verskyn wat hy onlangs die lig laat sien het, gechoreografeer.
Die groep het altyd by sosiale geleenthede opgetree, maar die Covid-19-pandemie het dit in die wiele gery.
Hulle hoop om weer daarmee voort te gaan en om nie net vir klasse bymekaar te kom nie, maar dit interessant te maak.
"Ons het so twee weke gelede soos seerowers aangetrek en die demo-video's wat ons maak, plaas ons dan op sosiale media."
Belangstellendes kan Heidi kontak by 072 701 1780.
Vorige artikel: Lyndansgroep laat winterkoue smelt
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'