Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Vyf lede van die Rhythmic Thunder lyndansers van Riversdal, Zanette Bothma, Riekie Coetzer, Venessa Slater, Ilze Venter en Heidi Cronje het besluit om die dorp se inwoners net so ‘n bietjie opbeur na die moeilike jaar.
Volgens Heidi was die idee om die mense vir 'n oomblik van hul probleme te laat vergeet en iets prettigs te doen. Hulle het by verskeie plekke in die dorp gedans, waaronder Ou Meule- en Jan Lange-tehuise, die dorpsplein en munisipaliteit.
Die Jerusalema is 'n geestelike lied waarin gevra word dat die Here ons sal dra, ons vir Sy hulp vra en nie sonder Hom deur hierdie moeilike tyd kan kom nie.
Kyk 'n video hieronder:
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'