STILBAAI NUUSFLITS - Die tegnologie van die LPR-kameras het beslis tot suksesvolle misdaadbekamping bygedra.
Volgens kapt. Johan van Tonder, Stilbaai-polisie se stasiebevelvoerder, het die kameras wat die afgelope paar weke in dié kusdorp, asook Jongensfontein opgerig is, onder andere onlangs gehelp met die opsporing van ’n bakkie wat plaaslik uit ’n woonbuurt gesteel en in die Oos-Kaap opgespoor is.
Dit dien ook as hulpmiddel in verskeie misdaadondersoeke.
Met die gemeenskap se volgehoue finansiële ondersteuning, is die Blombospad en Melkhoutfontein-ingang volgende paaie en gebiede wat geteiken word vir kamera-installasies.
Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
Lees 'n verwante artikel: LPR-Kameras aktief in Hessequa-streek
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'