ALBERTINIA NUUS - Die dorp is Kersfeesoggend weereens met die doodsangel getref toe 'n middeljarige inwoner van hier se liggaam in 'n plaaslike skool gevind is.
Aanvanklik is daar vreeslik gegons dat die oorledene, Jacques Vaaltyn (50) dalk vermoor is toe daar op sy liggaam afgekom is. Sy liggaam is by Oker Primêr net langs hul gemeenskapstuin gevind.
Volgens inlingting bekom was daar 'n plastieksak met verskeie groente naby sy liggaam op die plaveisel gekry. Daar was ook glo 'n kopkool buite die draadheining gevind.
Vir kommentaar genader het sers. Christopher Spies, Suid-Kaap mediabeampte bevestig dat die liggaam van 'n man by die genoemde skool gevind is.
"Inligting beskikbaar dui daarop aan dat die liggaam omtrent 08:20 op Sondag 25 Desember 2022 aangetref is".
"Verder dat die oorledene 'n mediese geskiedenis het en geen gemene spel word vermoed nie. Geen kriminele klag is dus geopen".
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'