STILBAAI NUUS - Die inperkingstyd begin sy tol eis en mense begin iesegrimmig raak.
Volgens kenners het dit veral op ouer mense wat alleen bly, 'n negatiewe impak. Maar die oordbestuur van Palinggat-oord het 'n goeie plan bedink om hul inwoners se moraal op te bou.
Almal hou daarvan om bederf te word, daarom het hulle besluit om op 'n gereelde basis van huis tot huis te beweeg om 'n ietsie aan elke inwoner te gee.
Twee naweke gelede het inwoners 'n heerlike koppie sop gekry en op Saterdag 9 Mei is hulle nie net met pannekoek bederf nie, maar elke vrou het Sondag op Moedersdag sjokolade gekry.
Die oordbestuurder, Tinus van den Berg, het met die pannekoekwaentjie deur die oord gery terwyl sy vrou, Elmich, asook Wilhelm van den Berg en Thwané Venter al bakkende agterop besig was sodat die pannekoek nog heerlik vars en warm afgelewer word. Die gesin het ook al die bestanddele geskenk.
Mense wat omgee. Oordbestuurder Tinus van den Berg besig om pannekoek by inwoners in die oord af te gee.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'