Entoesiastiese leerders het bygedra om hul liefde vir lees na die gemeenskap te neem. Onder leiding van die skool se bibliotekaresse, me. Patricia Sambo, en die skakel-opvoeder, mnr. Stanley Floris, het sommige leerders van graad 8 tot 12 verskeie dagsorgsentrums op Riversdal besoek om sprokiesverhale aan die jong luisteraars voor te lees.
Lees is 'n belangrike deel van die menslike ontwikkeling en vooruitgang. Leerders by Gerrit du Plessis word aangemoedig om hulself by die skoolbiblioteek te bekwaam om hul regmatige plek in die samelewing vol te kan staan. Mej. Sambo het ook gesorg dat die jongklomp 'n lekkertjie kry om die soet herinnering van hulle leeservaring te onthou.

Juffrou Patricia Sambo, bibliotekaresse van Gerrit du Plessis Sekondêre skool saam met Joy en Adri.