Hulle is deur hul passievolle wetenskap onderwyser, Elmien Kloppers na die verrigtinge in George vergesel.
Hopp het die verwantskap tussen leerders se woordeskat en hul skoolprestasie gemeet, terwyl Abrahams onderwysers se kennis oor Asperger Sindroom gemeet het.
Nie net was dit die eerste ekspo in die streek nie, dit was ook die eerste keer dat Kairos daaraan deelgeneem het.
Beide het 'n silwermedalje ontvang en Hopp het die toekenning vir Beste Projek in rural development ontvang.
Sy gaan vanaf 7 tot 10 Oktober die streek in Pretoria by die nasionale ekspo verteenwoordig.

Kairos se twee aspirant wetenskaplikes staan hier by hul wetenskap onderwyser en prinsipaal, Vivian Prins.
ARTIKEL EN FOTO: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM-KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'