HESSEQUA NUUS - ’n Projek ter viering van nasionale strandskoonmaakdag is deur EPWP-Coastcare, in samewerking met Hessequa-munisipaliteit en skole vanuit die Hessequa-streek geloods.
Gedurende September is die strande van Gouritsmond en Lappiesbaai in Stilbaai deur lede van EPWP, die munisipaliteit en leerders van Melkhoutfontein en Oker Primêre skole skoongemaak.
Die leerders het ook meer oor waterveiligheid en die skoonhou van strande van CapeNature op Stilbaai geleer.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'