RIVERSDAL NUUS - Die 97 leerders van Hoërskool Langenhoven het almal die matriekeksamen van 2023 geslaag.
Die klasgemiddeld is 67,25% en die vakgemiddeld is almal bo 50%.
Die skool se toppresteerder is Minke Keyser met ’n gemiddeld van 90,71% (sewe vakonderskeidings).
Die uitslae lyk só:
• Al 97 matriekleerders slaag - 100%
• 18 A-gemiddeldes
• 18 B-gemiddeldes
• 36 C-gemiddeldes
• 150 A-simbole
• 148 B-simbole
• 181 C-simbole
• 119 D-simbole
• 67 E-simbole
• 88% van die simbole lê bó 50%
• 72 leerders het ‘n gemiddeld bó 60%
• Hoogste vakgemiddeld - Engels met 72,9%
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’