RIVERSDAL NUUS - Romé van Druten (graad 9) het met 'n persentasie van 90% die eindronde van die ATKV se Podiumpret wat op 11 en 12 September in die Paarl sal plaasvind, gehaal.
Sy het ook digitaal aan Radikale Redenaars en Kansvatter deelgeneem.
Die uitslae van dié twee kompetisies sal in die komende weke bekend gemaak word.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'