RIVERSDAL NUUS - Daar is ritme op dié dorp!
Vandeesweek word die blou gordyn op die verhoog in die burgersentrum oopgetrek sodat van die land se talentvolste dansers ritme swierig kan laat huppel, pluk, ruk, draai, swaai en sweef.
Oor die 180 deelnemers van sewe nasionale dansskole landwyd neem aan dié kompetisie deel, wat deur Stilbaai se Anwyn’s Acro Dance Academy aangebied word.
Die wenners word tydens 'n gala-aand, Vrydag 6 Oktober aangewys.
Die blinkste trofeë wink vir die wenners van vanjaar se ISAASA Nationals op Riversdal.
Foto's: CJ de Swardt
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’