RIVERSDAL NUUS - ‘n ‘Drive by carcade donation drop-off’ sal môre (Sondag, 19 Julie) by Keith Eksteen, een van Riversdal se bekendste inwoners wat Woensdag, 15 Julie onverwags oorlede is, se huis in Langstraat plaasvind.
Alle belangstellendes kom vooraf met motors om 14:00 by Riverville-stadion se parkeergebied bymekaar, waarvandaan hulle teen ongeveer 15:00 na sy huis begelei sal word vir die verbyrit.
Mense word versoek om nie blomme te koop nie, maar eerder ‘n geldelike skenking tydens die verbyrit sal gee wat aan ‘n liefdadigheidsorganisasie waarby Keith betrokke was, geskenk sal word.
Volgens die organiseerders sal Covid-19 regulasies streng toegepas word. Slegs een persoon mag uitklim om die geld aan die familie te oorhandig.
‘n Beroep word op alle ANC-lede van Hessequa dit sal bywoon om hul laaste eer aan Keith te betoon, wie een van die stigterslede van die ANC in Riversdal was.
Lees nog ‘n berig oor Keith Eksteen in volgende week se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'