Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Die Proe-Bietjie kunstefees op Heidelberg het hom sekerlik hierdie naweek oortref.
’n Puik vertolking van William Michaels se toneelstuk, ‘As ’n kind se lag verdwyn’ Vrydagaand 28 Junie deur die Kairos-kunstegroep het die gehoor tot nadenke gestem. Dit het die groot euwel onder skoolkinders, boelie, uitgelig en ouers voor stok gekry oor laksheid om daar te wees om hul kinders te ondersteun.
Die stuk is spesiaal deur Michaels vir die fees geskryf, wie ook ’n hoofrol daarin vertolk het.
Anneline Hartnick, die aanbieder, William Michaels met Constance September en Lesleigh Ann Weber, verantwoordelik vir die choreografie, wil nou probeer om die stuk op die planke by die Suid–Ooster te kry.
Kyk 'n video hieronder:
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'