Gallery Update Video
ALBERTINIA NUUS - Die museum het hul eerste kultuurdag Saterdag 27 Mei aangebied.
Hoërskool Albertinia se sportterrein het gegons nadat die dag met 'n optog geopen is. Theresia van Rensburg, wat dit bygewoon het, het gesê:
"Vir 'n eerste keer is dit 'n groot sukses en baie goed georganiseer. Ons hoop en glo dat dit net sal groei."
Baie inwoners en ook talle besoekers het kom inloer. Dit was 'n dag waar tradisie, kultuur en Afrikaans saam- gesnoer is.
Volkspele, rieldanse en baie ander Suid-Afrikaanse en Afrikanertradisies is gevier. Toeskouers kon meer leer oor waar volkspele vandaan kom. Selfs boeresport het weer kop uitgesteek en die kinders kon aan onder meer aartappel- en driebeenresies en eiergooi deelneem.
Ludwich Oosthuizen het gewys hoe hy velle met die hand brei. 'n Potjiekoskompetisie is by Albertinia-hotel gehou en die potte het behoorlik geprut. Klassieke motors, trekkers en ander versamelstukke is uitgestal. Doudi, 'n 'country gospel' sanger het deur die loop van die dag toeskouers vermaak.
• Verskeie foto's van die motors wat uitgestal is sal in die Auto Dealer verskyn.
Kyk 'n video hieronder:
Lees 'n vorige artikel hier: Kraakvars kultuurdag lok kar en kie
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'