HEIDELBERG NUUS - 'n Blad is vermoedelik op sosiale media deur jeugdiges geskep om veral medeleerders te boelie en af te kraak.
"Die misbruik van sosiale media om persone se reputasie skade te berokken is onder die soeklig na klagtes ontvang is," sê sers. Imorgene Hendricks, plaaslike mediawoordvoerder.
Sy rig ’n dringende waarskuwing dat daar daadwerklik teenoor oortreders opgetree sal word wat hulle aan kuberboeliery skuldig maak.
Volgens Hendricks is die klagtes na die Film en Produksieraad (FPR) vir verdere ondersoek verwys.
Enige inligting wat kuberboelies aan die kaak sal stel, kan aan Henricks by 082 893 9930 of die polisiestasie by 028 722 1910 gerapporteer word. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'