Video
RIVERSDAL NUUS & VIDEO - ‘n Botsing op 22 Maart in Riversdal se middedorp het die klem laat val op chaotiese verkeerstoestande in die kruising van Hoofweg en Kerkstraat.
Hoewel die botsing nie ernstige skade of lewensverlies tot gevolg gehad het nie, toon ‘n video-opname dat motoriste verkeersreëls by die kruising ignoreer.
Die Hessequa-munisipaliteit ondersoek verskillende maatreëls om die probleem te reguleer.
Dit kan ‘n verkeerslig wees, maar sal meer waarskynlik ‘n verkeersirkel wees.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'