Die doel hiervan was om hulle in te lig oor die dienste wat aan hul gelewer word deur onder meer die korrektiewe toesig en paroolraad van die Suid-Kaap, Mosselbaai jeugsentrum sowel as die Mosselbaai gemeenskapskorreksies kantoor.
Die gemeenskap, geestelike leiers en sakelui was vesoek om ook hul rol te vertolk in die ondersteuning en rehabilitasie van persone wie op parool en korrektiewe toesig vrygelaat word. Die dramagroep van Mosselbaai Jeugsentrum het almal vermaak met 'n praktiese uitbeelding van die prosesse waardeur gevangenes moet gaan alvorens hul kan kwalifiseer vir uitplasing op parool en watter struikelblokke en sosiale kwessies op hul wag na vrylating waarmee die gemeenskap moet help.
Alle verteenwoordigers van die Hessequa munisipale raad, staatsdepartemente, geestelike leiers, die besigheidskamer, media en die gemeenskap word bedank vir hulle ondersteuning en die insette wat hulle gelewer het, asook die AGS jeugkoor en Nuwe Apostoliese Kerkkoor vir hul optrede tydens die geleentheid.

Mnr. Craig Lingisi (agter, 4de van regs) was die verteenwoordiger vir die korrektiewe toesig en paroolraad; mnr. Phillip Bush (agter, 5de van regs) was die verteenwoordiger van Mosselbaai jeugsentrum en me. Ntsiki Gunguluza (voor, 3de van regs) het Mosselbaai gemeenskapskorreksies verteenwoordig. Mnr. Kobus Cedras (voor, 2de van links), hoof: gemeenskapskorreksies van Oudtshoorn het as gasspreker vir gemeenskapskorreksies opgetree. Foto: Heinrich Fortuin.