HESSEQUA NUUS - Loving Shepherds Kersfeeskoor het 'n welkome skenking van 'n bekende boerdery in die Slangrivier/Witsand-distrik gekry.
Die koor, wat al vir 55 jaar die distrik met hul musiek vermaak, het dit as organisasie nie so breed nie en maak staat op skenkings vanuit die sakegemeenskap.
Gert Boezak, president, het vir Boetie de Jager en sy seuns genader om hulle met 36 pare skoene te voorsien.
Boezak het aan die skenkers 'n sertifikaat van waardering oorhandig. Hy bedank ook die Hopkins-broers vir die skenking van 10 hoede.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'