HEIDELBERG NUUS - 'n Klag van diefstal is by die plaaslike polisie aanhangig gemaak nadat kleinkas (petty cash) blykbaar uit die kluis van die plaaslike landdroshof verdwyn het.
Die kontant, wat ongeveer R3 600 beloop, is Dinsdag 6 November uit die kluis vermis. Volgens kapt. Malcolm Pojie, Suid-Kaap polisiewoordvoerder, is dit nog onbekend presies wanneer die geld, wat in 'n staalboksie in die kluis gebêre was, verwyder is.
Niemand is nog in verband met die saak gearresteer nie. Die ondersoek duur voort.
Enige inligting kan aan die ondersoekbeampte, sp. sers. Donmary Roberts by 028 722 1910/8200, 079 497 7142 of Stop Misdaad by 0860 010111 deurgegee word. Inligting sal as vertroulik beskou word.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'