HESSEQUA NUUS - Die nuwe uitbreking van bek-en-klouseer in Limpopo het vee- en wildboere op hol want die aansteeklike siekte kan maklik na ander gebiede versprei. Dit het reeds gelei tot ‘n verbod op uitvoere van vleis en vesel.
Nietemin het die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling se verbod op veeveilings in die vier provinsies waar die siekte voorkom, heftige reaksie ontlok.
“Dit sal ’n negatiewe ekonomiese impak op die landbousektor hê,” het Omri van Zyl, uitvoerende direkteur van Agri SA gewaarsku. “Die nasionale verbod op veeveilings kom op ’n tydstip wanneer boere reeds ’n tekort aan kontant ervaar. Dit plaas verdere druk op die volhoubaarheid van boere.”
Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'