Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Lyndans is seker een van die lekkerste maniere om fiks te word. En wat meer is, enigeen kan dit doen, maak nie saak of jy jonk of oud, man of vrou is nie.
Op Riversdal het die lyndansgroep, onder leiding van Heidi Cronjé wat hulleself Rhythmic Thunder noem, besluit om Saterdag, 12 Februarie vir die inwoners van Droom se tehuise, Ou Meule, Jan Lange en die Leefreg-woonstelle te gaan wys hoe word dit gedoen.
Ten spyte van die bloedige hitte met grade diep in die 30's het hulle hul passies gedoen en dit was duidelik dat nie net die inwoners nie, maar ook die personeel van Droom dit baie geniet het.
En vir beginners is daar goeie nuus, want Heidi sal vanaf begin Maart weer twee klasse vir hulle op Dinsdae en Donderdae by die skousaal aanbied.
Die meer ervare lyndansers kom Maandae en Woensdae by die burgersentrum bymekaar terwyl Riversdal Landbouskou aan die gang is. Daarna sal hulle ook weer na die skousaal verskuif. Alle klasse is vanaf 18:00 tot 19:00 en gemaklike drag en skoene word aanbeveel.
VIDEO: Kom ons dans!
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'