Video
RIVERSDAL NUUS EN VIDEO - Lyndans is seker een van die lekkerste maniere om fiks te word.
En wat meer is, enigeen kan dit doen, maak nie saak of jy jonk of oud, man of vrou is nie.
Op Riversdal het die lyndansgroep onder leiding van Heidi Cronje wat hulleself Rhythmic Thunder noem, besluit om Saterdag, 12 Februarie vir die inwoners van Droom se tehuise, Ou Meule, Jan Lange en die Leefreg-woonstelle te gaan wys hoe word dit gedoen.
VIDEO: Kom ons dans!
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'