RIVERSDAL NUUS - 'n Hoogaangeskrewe en kundige komposkenner, Alec Poynton gaan sy kennis oor komposmaak op Donderdag, 29 April met die Hessequa-gemeenskap kom deel.
Poynton het 'n agtergrond in biologie en tuinboukunde, gespesialiseerde kennis in die produksie van beheerde mikrobe-kompos en hoe dit grondgesondheid bevoordeel, asook 18 jaar ondervinding van kommersiële komposmaak.
Belangstellendes moet hul plek bespreek en 'n klein toegangsfooi word gehef.
Dit vind plaas om 15:30 vir 16:00 by Reitzstraat 23, Riversdal.
Fynbos Homestead bied 'n pop up-stalletjie met hulle vuur-geroosterde koffie te koop aan.
Vir meer inligting of navrae, kontak Saniek (079 992 9427).
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'