STILBAAI NUUS - Die tweede Tuin op die Brak Fynbos-Hol vind Saterdag 19 Oktober op die dorp plaas.
Oud en jonk is welkom vir die pretdraf of -stap wat oor vyf kilometer strek.
Wegspring is om 09:00 by die kiosk in die tuin wat in Hoofweg-Oos geleë is. Die inskrywingsgeld sal ten bate van die tuin aangewend word. Vir die hongeriges sal daar worsbroodjies te koop wees.
Navrae kan aan Willie Delport by 082 441 5953 of Lizette Gerber by 082 898 7444 gerig word.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'