RIVERSDAL NUUS - Suid-Kaap Forum het verlede week (Vrydag 31 Mei) afskeid van twee kollegas geneem.
Rina Snyman was ongeveer 12 jaar deel van die span, waar sy ses jaar met die ontwerp van advertensies en koerantuitleg betrokke was.
Die laaste deel van haar tyd hier het sy die ontvangs en die snuffelgids behartig.
Rina het besluit om haar vlerkte te sprei en haar loopbaan in ’n ander rigting te neem. Ons wens haar alle voorspoed en sterkte toe en vertrou dat sy daarvan ’n sukses sal maak.
San-Marié Cronjé was slegs ’n jaar en vyf maande as joernalis by die koerant, maar met haar sprankelende persoonlikheid het sy baie gou ingepas en waar sy gegaan het, vriende gemaak. Sy het ’n oorplasing na ’n koerant op Ermelo aanvaar. Ook vir haar wens ons net die beste toe.
Lesers wat in die verlede inligting na haar gestuur het, kan dit voorlopig na wilma@groupeditors.co.za stuur.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'