Update
OPVOLG: 26 Mei 2020 om 11:48 - Stilbaai en Melkhoutfontein se klinieke wat gister en vandag (25 en 26 Mei) gesluit was vir ontsmetting, se dienste sal weer hervat word. Stilbaai sal reeds more (27 Mei) oop wees en Melkhoutfontein Vrydag.
STILBAAI NUUS - Die Melkhoutfontein- en Stilbaai-klinieke sal vanaf Maandag 25 Mei tydelik vir ontsmetting gesluit wees.
Volgens Nadia Ferreira, hoof kommunikasiebeampte van die Wes-Kaap gesondheidsdepartement sal pasiënte wat afsprake het gekontak word vir alternatiewe datums sodra die klinieke weer oop is.
Pasiënte wat nood mediese hulp benodig moet die naaste hospitaal besoek.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'