HESSEQUA NUUS - 'n Werker van De Waalville Primêr, Naude Michaels, plant elke jaar groente wat hy met hul eie damwater natmaak.
Die groente word dan op Wêreldvigsdag op 1 Desember aan die plaaslike kliniek geskenk om aan vigspasiënte te gee.
Vooraf word ook vir die leerdersgevra om nie-bederfbare kos na die skool te bring, wat saam met die groente oorhandig word.
Vir Christal van Deventer, projek-koördineerder, is dit ongelooflik hoeveel dit vir vigspasiënte beteken, want wanneer hulle by die kliniek kom met hul probleme kan hulle ten minste vir hulle kos gee om te eet.
"So, ons luister nie net na hulle probleme nie, ons kan ook help. Wat vir my so wonderlik is, is dat die kinders wat die kos gebring het, ook meeste van die tyd min het om te eet.
"Hulle gee dus nog van hul bietjie vir ander."
ARTIKEL: ALETTA SUTHERLAND, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'