Video
STILBAAI NUUSFLITS EN VIDEO - Pikkewouter Kleuterskool se Eco-klub het ’n kompetisie geloods waar leerders en ouers soveel ‘EcoBricks’ as moontlik voor die einde van November bymekaarmaak.
Dit sal dan gedurende die Desember-vakansie gebruik word om ’n skuiling vir hulle buitespeelgoed te bou.
’n ‘EcoBrick’ is ’n groot plastiekhouer wat volgestop word met artikels wat nie herwin kan word nie.
Die kompetisie spruit uit ’n projek wat vroeër vanjaar van stapel gestuur is om kinders oor herwinning te onderrig.
‘EcoBricks’ word wêreldwyd reeds ingespan om tot selfs huise en ander strukture te bou.
Kyk 'n video hieronder.
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'