ALBERTINIA NUUS - Twaalf kleuters van Protea-kleuterskool op Albertinia wat 'gradueer' het, het diplomas en medaljes ontvang.
Dit het saam met die kleuterskool se debutantedag Saterdag, 4 Desember geval wat op die plaaslike sportgronde aangebied was.
Die dag het by die kleuterskool begin, daarna is die kleuters en hul ouers na die sportgronde waar toeskouers hulle op die paviljoen ingewag het.
Die debutante wat gewen het, is voor, van links: Simpiwe Baardman en Peter-Leigh Sambo (tweede), Noah Absalon (eerste) en Grace Prins (derde). Agter: Magareth Hansen,Veruschka Jantjies, Eldrin en Mandy Absalon asook Selma Prins. Foto: Heinrich Fortuin
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'