HEIDELBERG NUUSFLITS - Emiliano Adams (8) is ’n gedeelte van sy wysvinger kwyt nadat dit in 'n draaiwiel verstrengel by die speelpark oorkant hul huis verstrengel geraak het.
Hy het Saterdag 11 November saam met maatjies by die park gespeel.
Volgens sy ouers, Emile en Antoinette wat beide in Kaapstad werksaam is, speel hulle gereeld daar. Dié wiel is blykbaar geruime tyd reeds foutief.
Die ouma, Elizabeth Esau by wie Emiliano bly, vertel dat sy in die huis was toe sy hoor wat gebeur het.
Tot haar skok het sy ontdek dat sy regter wysvinger by die eerste lit af is en het hulle nog die lit daar opgetel om saam hospitaal toe te neem.
By die hospitaal moes hul hoor dat die lit nie weer aangeheg kan word nie.
Emiliano sit by sy ouers, Antoinette en Emile Adams na die operasie waartydens hy 'n lit van sy wysvinger verloor het.
Lees meer in volgende week se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'