Gallery Update
STILBAAI NUUS - Die toerisme kiosk langs die R305 net voor die brug, is besig om 'n gedaanteverwisseling te ondergaan met keurige kunswerke wat reeds op die mure en pilare aangebring is.
Hoewel die kiosk, wat onder andere straatkaarte en inligting aangaande verblyf en besighede bevat, deur die jare opgeknap is, is weinig veranderings aangebring sedert dit ongeveer 22 jaar gelede onder die Stilbaai-toerisme se bestuur geplaas is.
Die bestuur het die hulp van die kunstenaar, Laetitia Loots, ingeroep wat haar verfkwaste ingespan het om tipiese kenmerke van die dorp op die mure uit te beeld.
Die projek is nog nie voltooi nie en motoriste, besoekers en inwoners sal oplet dat daar gedurig iets nuuts aangebring word. Besighede kan die toerismekantoor by 028 754 2602 kontak indien hulle hier wil adverteer.
'n Besoek aan die toerismekantoor is een van die eerste dinge wat meeste besoekers doen om inligting oor die dorp te verkry en die verfraaiing van die kiosk is een van verskeie projekte wat deur die dorp se toerisme-bestuur van stapel gestuur is om die dorp en omgewing selfs interessanter en mooier te maak.
Hou gerus die nuus dop om te sien wat nog beplan word.
Stilbaai se toerismekiosk.
Lees 'n vorige artikel hier: Inligtingskiosk word verfraai
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'