RIVERSDAL NUUS - Kindersorg SA het van 18 tot 21 Junie ’n opwindende vakansieprogram vir sowat 200 kinders by hul kantoor in Riversdal aangebied.
Die kinders tussen die ouderdom van vier en 17 jaar uit die buurte Melrose Place, Môrestond, Beverley Hills en Aloeridge het deelgeneem.
Die doel met die program is om hulle gedurende die skoolvakansie uit die strate te hou en terselfdertyd vir hulle lewensvaardighede te leer.
Die jonger kinders het op die eerste dag die plaaslike biblioteek besoek waar hulle kunsvlyt gedoen en na ’n storie geluister het.
• Lees meer in Suid-Kaap Forum en aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Riversdal, Hessequa nuus'