Update
STILBAAI NUUS - Stilbaai se Christmas in July-week is Donderdag- en Vrydagmiddag, 2 en 3 Julie deur besoeke van Kersvader opgevrolik.
Hoewel dié jaarlikse straatmark waartydens hy gewoonlik sy verskyning maak weens die Covid-19-pandemie afgestel moes word, is 'n plan om die kinders nie oor te slaan nie, gemaak.
Terwyl Kersvader toeristebeampte Annerise Wolmarans met die aflewer van vooraf bestelde schwarmas gehelp het, het hy sommer ook op die hawe lekkers aan kinders van alle ouderdomme uitgedeel.
Wolmarans sê die geleentheid was 'n sukses onder baie moeilike omstandighede.
Een van die hoofredes waarom die toerismeburo nie die projek heeltemal laat vaar het vir dié jaar nie, was om bietjie vrolikheid en verligting na die stresvolle maande wat verby is te bring. "En ek dink ons het daarin geslaag," sê sy.
Verwante artikel: Iets spesiaals teen Julie se koue
'Ons bring jou die nuutste Stilbaai, Hessequa nuus'