WES-KAAP NUUS - Sylvia Hendricks is ‘n pasiënt by DP Marias-hospitaal in Kaapstad, maar sy is baie deurmekaar en nie in staat om ‘n korrekte weergawe van haar agtergrond te verskaf nie.
"Sy het aanvanklik gesê sy is van Eersterivier, maar vorige ondersoeke het niks opgelewer nie.
"By 'n ander geleentheid het sy genoem dat sy op Riversdal grootgeword het," sê Althea Ruiters, 'n maatskaplike werker by die hospitaal.
"Enigiemand wat haar ken of weet wie haar familie is, moet ons so gou moontlik kontak," vra a.o. Karin Olivier van Riversdal-polisie.
Skakel haar by 028 713 8500.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'