HEIDELBERG NUUS - Twee karatestudente, Jaco en Nico Strydom, albei lede van die Okinawan Goju Ryu-karateklub in Heidelberg, het onlangs hul blou gordels verwerf ná 'n taai gradering op Klein Groenland by sensei Bakkies Laubscher, hoofinstrukteur van die internasionale Okinawan Gujo Ryu Karate Federasie van Suid-Afrika.
Volgens sensei Almary Rossouw (regs), moes die twee baie hard werk vir hierdie gradering.
Links staan sensei Tienie Geldenhuys.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'