Hybrie Oosthuizen het almal wat deur die jaar betrokke was bedank.
Sy het uit Filippense 3 vers 13 gelees en genoem dat God nuwe moontlikhede gee. "Vergeet al die mislukkings, negatiewe dinge en teleurstellings agter jou en gaan die nuwe jaar positief tegemoet."
Die Toktokkies het R7 000 ingesamel en daar was 17 persone by hierdie projek betrokke. 29 Mans het aan die Manne-aand deelgeneem. Die borsondersoek-kliniek was ook 'n sukses en 87 vrouens het vir die ondersoek gegaan, waarvan drie ernstige verwysings was en een moes 'n masektomie kry.
Nog 'n projek wat deur Kansa daargestel is, is Phakamisa. 360 Vrouens oor Suid-Afrika is opgelei, waarvan twee in Albertinia woonagtig is naamlik Irene Verwant en Stephanie Prins. Die terugblik op die jaar het bevestig dat dit 'n goeie jaar was.
Klik hier vir 'n vorige nuusflits.

Gaste by die afsluiting
ARTIKEL EN FOTO: THERESIA VAN RENSBURG, SUID-KAAP FORUM-KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Albertinia, Hessequa nuus'