Gallery Video
HEIDELBERG NUUSFLITS EN VIDEO - Kankervegter Lefbré Uys het 20 gaste tydens ‘n Koppie vir Kansa Vrydag 13 Oktober by die biblioteek toegspreek.
“As mens die woord kanker hoor, dan dink jy dadelik aan dood - maar eintlik beteken dit lewe, want kanker gee vir jou tyd.
"Dit gee vir jou tyd om jou besigheid reg te maak, om vrede te maak met iemand, jou testament reg te maak, maar bo alles gee dit jou tyd om met jou Here reg te maak.
"Dan kan jy kanker hanteer, jy hoef nie so bang te wees nie.”
Miriam Stamps, Suzette Fourie en Rita Koegelenberg het die mooiste kleurvolle komberse gebrei en oorhandig aan suster van Deventer om te gee vir pasiënte wat dit nodig kry.
Kyk 'n video hieronder:
Lees meer in Donderdag se Suid-Kaap Forum, asook aanlyn.
ARTIKEL, VIDEO EN FOTO'S: ALETTA SUTHERLAND, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'