Gallery Update Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Die skool se 72 matrikulante het Woensdag, 20 Oktober hul laaste amptelike skooldag bygewoon waartydens hulle ook hul eksamennommers in ontvangs geneem het.
Tydens dié verrigtinge het die toppresteerders ook erkenning gekry vir hul prestasies in hul onderskeie vakke.
Eerw Mario Hendricks, boorling van Heidelberg en tans predikant by St Lukes Anglikaanse Kerk op Swellendam was die gasspreker. Hendricks het die matrikulante daarop gewys dat dissipline om gefokus te bly en toegewydheid tot jou doel grootliks sukses tot gevolg het. Hy het hulle gewaarsku om nie die kans wat hulle nou kry te vertrap deur verkeerde keuses te maak nie.
“Jy kan kies om nie vanaand jou boeke te neem en te studeer nie, maar moenie huil as jy eendag een van jou medeleerders in sy nuwe motor sien rondry en vir hom kwaad wees nie,” het hy onder groot applous vermaan.
FOTOGALERY: Kairos matrieks erkenningsgeleentheid
Delrick Davids, voorsitter van die VRL en Gabriella Vollenhoven, VRL-tesourier het die onderwysers en ouers bedank vir die rol wat hulle in hul, maar ook die res van die matrieks se lewens gespeel het.
VIDEO: Kairos matrieks erkenningsgeleentheid
Vollenhoven is as graad 12 se dux-leerder aangewys. Delrick Davids was 'n kortkop agter haar.
Vanjaar se top 10
- Gabriella Vollenhoven;
- Delrick Davids;,
- Jayme-Lee Cillie:
- Jade Davids;
- Chandré Saayman;
- Lowan Hendricks;
- Duwayne Basson;
- Corné Wynand;
- Earl Ganga en
- Heinrich Esau.
Beste vakpresteerders
- Delrick Davids (Afrikaans Hoër Taal, Engels eerste alternatiewe taal, wiskunde geletterdheid, toerisme en lewenswetenskap)
- Gabriella Vollendhoven (Afrikaans Hoër Taal, Engels eerste alternatiewe taal, rekeningkunde en lewenswetenskap)
- Curtrolene Johannes (verbruikersstudie)
- Jamie-Lee Cillie (geskiedenis)
- Shalee Esau (besigheidsstudie).
VORIGE ARTIKEL: Kairos matrieks kry erkenning
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'