Gallery Video
HEIDELBERG NUUS EN VIDEO - Gabriella Vollenhoven is as graad 12 se duxleerder aangewys tydens die skool se erkenningsgeleentheid op Woensdag, 20 Oktober.
Dit was ook die matrieks se laaste amptelike skooldag, waartydens hulle hul eksamennommers in ontvangs geneem het.
Tydens dié verrigtinge het die toppresteerders ook erkenning gekry vir hul prestasies in hul onderskeie vakke.
FOTOGALERY: Kairos matrieks erkenningsgeleentheid
Eerw Mario Hendricks, boorling van Heidelberg en tans predikant by St Lukes Anglikaanse Kerk op Swellendam was die gasspreker.
VIDEO: Kairos-matrieks se laaste skooldag
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'