Gallery
HEIDELBERG NUUS - Leerders van Kairos Senior Sekondêre skool het verlede maand erkenning vir hul jaar se prestasies ontvang.
'n Groep leerders, onder andere Andrew Rossouw (gr. 11) en ’n oudleerder Nathan Ruiters het onder leiding van mnr. Rouel Moolman, 'n onderwyser, die leerder, ouers en oudleerders in die skoolsaal op musiek trakteer.
Robyn September, wat drie jaar gelede matrikuleer het, was die hoofspreker.
“Swaarkry kweek volharding, volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop. Byt vas, oorwinning is julle s’n op alle gebiede,” het sy gesê. “Onthou stadige vordering is ook vordering.”
Fotogalery: Erkenningsaand by Kairos
Thomas Pretorius, voormalige voorsitter van die beheerraad se weduwee Leonie het posthuum erkenning vir sy bydrae tot die skool ontvang.
Denver en Jo-Ann de Wet van Gauteng het ook erkenning ontvang vir hul bydrae tot die skool wanneer leerders moet reis.
Mark van Niekerk, huidige voorsitter van die beheerliggaam het mnr. Vivian Prins, die skoolhoof bedank vir sy rol. Hy het op sy beur die personeel, beheerliggaam en ouers bedank vir hul ondersteunende rol.
beheerliggaamlede, leerders en ouers, hartlik bedank vir hul ondersteuning en rolle wat hulle in die sukses van die skool speel. “Sonder julle is dit nie moontlik nie”.
Berthal September en Thozama Sithukuteze is as Sportman en Sportvrou beloon. Erica Arendse, 2019 se top presteerder in gr. 12, is as die Dux-leerder aangewys. Neroesjke Atler en Lenechia Kayster beklee tweede en derde plek.
Erica Arendse, middel, is 2019 gr. 12 se top presteerder en is ook as Dux- Leerder aangewys. Neroesjke Atler, links, en Lenechia Kayster, regs het die 2de en 3de posisies opgeraap.
'Ons bring jou die nuutste Heidelberg, Hessequa nuus'