HESSEQUA NUUS - Die besorgde sake-gemeenskap van dorpe in die streek het altesaam R87 600 ingesamel in 'n poging om mense wat tydens die Covid-19 nie kan werk en 'n salaris verdien nie, van kos te voorsien.
Die projek is nie ten bate van persone wat 'n staatstoelae ontvang nie, maar spesifiek vir werkers wat weens die inperking nie weekliks of elke tweede week 'n loon ontvang nie.
Daar is baie werkers wat na die tweede week nie meer kos in die huis gaan hê nie.
Die privaat sektor het 'n rekening by Riversdal SuperSpar geopen waarin die gemeenskap geld betaal het. Die koste van 'n kospakkie wat basiese goedere soos meel, suiker en olie bevat, is R350, maar enige bedrag sal verwelkom word.
Die pakkies sal regverdig deur die hele streek versprei word.
Die organiseerders het hul opregte dank aan almal wat reeds bygedra en met die organisering gehelp het, bedank. Die projek sal vir die duur van die staat van inperking voortduur. Dit word voorsien dat die nood net groter gaan word en daarom sal nog bydraes waardeer word.
Besonderhede
- Verwysing: Kospakkie, gevolg deur die naam van die dorp
- Rekeninghouer: Excluvin (Pty) (Ltd) t/a RIVERSDALSUPERSPAR
- Bankkode: 162645
- Rekeningnommer: 162 653 2672
- Bank: Nedbank Riversdal
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'