Video
HESSEQUA NUUS EN VIDEO - ‘n 32-jarige man het vanmiddag (Sondag, 7 Maart) gesterf toe toe motor waarin hy ‘n passasier was, die pad verlaat en omgeslaan het.
Die voorval het teen ongeveer 15:45 op die hoofpad van Slangrivier na Heidelberg gebeur.
Die oorledene, Viaan Hoogbaard is op die toneel dood verklaar. Hy was ‘n munisipale werker by die elektriese afdeling op Heidelberg.
Die bestuurder van die voertuig het ernstige beserings opgedoen en is na Riversdal-hospitaal geneem.
‘n Saak van strafbare manslag is geopen.
KYK 'N VIDEO HIERONDER.
'Ons bring jou die nuutste Hessequa nuus'