SLANGRIVIER NUUS -Inwoners van Slangrivier is Sondagoggend, 10 Julie diep geruk toe 'n jongman van die dorp skielik gesterf het terwyl hy op pad was na sy huis.
Die 24-jarige Leogan Davids het omstreeks 11:30 inmekaar gesak terwyl na hy by die winkel was en toe huiswaarts wou keer.
Die oorsaak van sy dood is nog nie bekend nie, maar die vermoede bestaan dat hy 'n hartaanval gekry het.
Begrafnisreëlings is ook nog nie bekend nie.
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'