HESSEQUA NUUS - In Jongensfontein is erge skade aangerig deur die stormsee van Saterdag 16 September.
Motors is meegesleur by die getypoel en onherstelbaar beskadig deur geweldige hoë golwe wat alles voor hulle verwoes het.
Die kuspad en aangrensende huise het ook erg deurgeloop en die skade aan huise sal hierdie week begin duidelik raak.
Die see speel nog steeds met hierdie voertuig.
‘n Motor wat nie heeltemal so erg deurgeloop het nie.
Die pad voor Drie Pikkewyne in Jongensfontein.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’