HEIDELBERG NUUS - 'n 28-jarige jong vrou van Heidelberg het op Dinsdag 9 Mei in die plaaslike landdroshof op aanklag van diefstal verskyn.
Die beskuldigde is op twee geleenthede in twee supermarke betrap waar sy haar glo aan verskeie goedere gehelp het sonder om te betaal.
Sy was op borgtog vrygelaat ná die eerste aanklag, wat op 12 April plaasgevind het, toe sy weer by die tweede supermark op Donderdag 4 Mei betrap is.
Die twee aanklagte is saamgevoeg en verskyn sy weer Dinsdag 16 Mei in die hof op twee aanklagte van diefstal. Goedere ter waarde van nagenoeg R2 000 is tydens die diefstal by haar gevind.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’