Lotz, wat alombekend is as Jacky is glo omstreeks 13:30 die betrokke Sondagmiddag deur haar werkgewers van Plumstead by wie sy gebly het, laas gesien.
Haar bekommerde niggie, Marlize Swartz van Durbanville vertel dat sy 'n vierjarige seun het wat by Swartz se tannie, Gertruida Hopp op Slangrivier bly. Hopp is die suster van Lotz se oorlede ma en het haar sedertdien grootgemaak.
"My ma, haar seun sowel as ons ander familie ly hewig onder die onsekerheid van waar sy haar bevind. Daar gebeur so baie vandag," het 'n diep bekommerde Swartz gesê.
Sy noem verder dat hulle haar ook by die organisasie Missing Children/Adults aangemeld het in die hoop om haar gouer te vind.
Volgens Swartz is daar gerugte dat sy verlede week iewers in Wynberg by onder andere Shoprite gesien was.
Volgens 'n neef, Douglas Saayman, het hulle haar by die Dieprivier polisiestasie as vermis aangemeld, maar glo hulle dat sy op enige plek in die Wes-Kaap kan wees.
'n Dringende beroep word op die gemeenskap gedoen om op die uitkyk te wees vir Lotz. Inligting kan aan enige polisiestasie deurgegee word, of direk aan Swartz by 078 538 2767 of Saayman by 060 364 3671 of 021 858 1999.

Andeline Kay Lotz, alias Jacky, word sedert Sondag, 17 Desember vermis. Foto Verskaf
ARTIKEL: CLIVE PRETORIUS, SUID-KAAP FORUM KORRESPONDENT
'Ons bring jou die nuutste Slangrivier, Hessequa nuus'