Die bevestiging is deur apostel Walter Diedericks van Swellendam waargeneem en behartig.
Benewens Diedericks was Niklaas Tities, distrikoudste en Dawid Tities, plaaslike herder, ook teenwoordig.
Diedericks het die skriflesing uit Deuteronómium 28:2 sowel as die boodskap van die Hoof Apostel, Wilhelm Leber, aan die jong lidmate en gemeente voorgehou.

Die groep jeugdiges is deur apostel Walter Diedericks (middel) Sondag in die NAK-Oos as nuwe lidmate bevestig. Herder Dawid Tities staan regs agter en distriksoudste Niklaas Tities staan heel regs voor. Foto's: Clive Pretorius.